Mmatsebo – die moeder van kennis

“Die kinders was vol wraak. Hulle het ons kar met klippe gegooi. My kollega het net daar ‘n epileptiese aanval gekry. Ek moes dadelik die stuurwiel gryp en hospitaal toe jaag. Dit het my menswees verander.”

Só vertel dr. Amari Weber (75) van ‘n dag in 1976 toe die jeug in Sebokeng in opstand gekom het teen Afrikaans as skoolmedium. Vir haar was dit nie net nog ‘n dag nie. Dit was die dag waarop haar lewe verweef geraak het met die politieke en geskiedkundige belang van die Vaaldriehoek – tot só ‘n mate dat haar kuns dit weerspieël.

Die ekonomiese en politieke krisis

Weens internasionale sanksies teen Suid-Afrika en ‘n toenemende werkloosheid onder swart mense, het ‘n ekonomiese en politieke krisis in 1978 losgebreek. Dié politieke stoornis het ná die tweede helfte van 1984 vererger. Teen die einde van 1984 was dit duidelik dat die ekonomie verder verswak het en die onrus is op die spits gedryf. Die Sowetan (1984) het berig dat die Suid-Afrikaanse regering tydens die 1980’s al hoe meer deur die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die ANC-alliansie vir terreurdade geteiken is, in opstand teen die apartheidsregime.

Maak ‘n verskil

Amari bly al 39 jaar lank in Vanderbijlpark. Sy is in 1939 gebore en het aan die Hoërskool Middelburg in Mpumalanga gematrikuleer. Sy het haar voorgraadse studies in kunsonderwys aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) voltooi. Daarna het sy op verskeie plekke skoolgehou en in 1997 het sy haar doktorsgraad in geskiedenis aan die PU vir CHO se Vaaldriehoekkampus behaal. Die onderwerp van haar doktorsgraad was “Die georganiseerde kultuurlewe van die wit en swart gemeenskappe in Vanderbijlpark in die tydperk van 1942-1992”. Haar studie bevat ‘n breedvoerige oorsig van kulture tydens dié tydperk en haar kennis van Suid-Afrika en sy kultuur is merkwaardig.

Tans woon sy in Beethovenstraat, die eerste straat in Vanderbijlpark én waar dr. Hendrik van der Bijl destyds vier huise gekoop het. Sy en haar man, prof. Hennie Weber (77), het in 1994 ‘n gastehuis, Igoli River Castle, in dié straat gebou en bly die afgelope 20 jaar daar.

Sy vertel dat sy nie graag na Vanderbijlpark toe wou verhuis nie.

“Iemand het my vertel hoe die mans kaalbolyf in die tuin werk. Ek het ‘n jaar lank nog my brood by Turkstra in Potchefstroom gaan koop toe ons wel verhuis het.”

Amari wou aanvanklik sendingwerk gedoen het, maar haar ouers wou hê sy moes ‘n graad agter haar naam kry. Sy het toe op onderwys besluit.

“Ek het nie weer gehuil nie”

Sebokeng (“die plek waar daar vergader word”) is ‘n township in die suide van Gauteng naby die industriële dorp, Vanderbijlpark. Dié gebied het in 1965 tot stand gekom toe 18 772 huise gebou is om werkers van omliggende nywerhede te huisves. Op 3 September 1984 is groot optogte in Lekoa (die swart munisipale streek van die Vaaldriehoek, onder meer Sebokeng, Sharpeville, Evaton, Boipatong en Bophelong) gehou. Die werkers van die Lekoa-gebiede was moedeloos met die wit regering omdat hulle die minste on die land betaal is.

“Koerante soos City Press (1984) het die inwoners van die Sebokeng-woonbuurte aangemoedig om nie te gaan werk nie. Hierdie verset het gewys hoe die swart mense hul ekonomiese mag aangewend het om vir families ʼn beter politieke bedeling te bewerkstellig,” sê Amari.

Sedert sy in Sebokeng klasgegee het, het dit haar siening oor Vanderbijlpark drasties verander. Toe sy by die Sebokeng Onderwyskollege aankom, kon sy haar oë nie glo nie. “Die kollege was ʼn ou plaashuisie en die dak is met klippe gesteun. Daar was nie toilette nie. Daar was oral kinders wat oor die drade kyk, armsalige huise en ellende,” sê sy.

Amari het 18 jaar lank by die Sebokeng Onderwyskollege in kuns klasgegee. Die wit dosente, het almal met een bussie vanaf Vanderbijlpark na die kollege gery. Een Vrydagmiddag, moes sy by die kollege agterbly om toesig te hou en toe het die bussie vir haar weggery. Dit was tydens die Soweto-opstande in 1976. Sy was vreesbevange, want sy weet van die oproer wat aan die gang is.

“Ek het langs die gebou gestaan. Die stof het oor my gewaai en die trane het oor my wange geloop. Die Here sê toe vir my: ‘Jy wou mos nou sendingwerk doen.’ Ek het net daar omgedraai en ek het nie weer gehuil nie.”

Skilderye vertel ʼn storie

Amari skilder al van kleins af en sy vertel hoe sy haar afperiodes by die kollege gebruik het om te skilder. Dié kollege was in 1985 een van die gasheerkolleges wat ʼn interkollege-kunsuitstalling aangebied het. Swart kunstenaars wat hulle gedagtes nie in woorde uitdruk nie, het dit deur middel van hulle kunswerke gedoen.

Sy het onder meer ook kunsklasse by haar huis aangebied. “Die studente het dit vreeslik geniet om te leer van kuns en om hierdie tegnieke toe te pas op hulle eie kunswerke. Hulle het ook oor my skouers gehang soos hulle my kunswerke bewonder het,” vertel sy.

Haar werk by Vanderbijlpark se stadsraad was ʼn hoogtepunt. Sy was die voorsitter van die Departement van Toerisme. Tydens ʼn kunsuitstalling het oudpresident Nelson Mandela hulle kom besoek.

“Hy was regtig ʼn merkwaardige man. Hy het my as the art lady aangespreek. Ek was verbaas dat hy geweet het wie ek is. Ek weet nie hoe hy dit reggekry het om so goedgesind te wees en belanggestel het in alle mense nie.”

In haar kunswerke beeld sy ekspressionisme uit en soos sy dit definieer is dit “iets wat nog nooit was nie.”

“Ek het vir baie jare na die waarheid van die lewe gesoek. Die twee kulture het ‘n groot invloed op my gehad (dié van die wit mense en dié van die swart mense), waarin ek geleef het. Ek het nooit geweet wat die waarheid in die lewe is nie. Elke kultuur is anders.”

Amari se kuns beeld ook haar liefde vir die Afrika-kultuur en jongmense uit. Haar grootste inspirasie is Irma Stern, ook ʼn ekspressionis, wat bekend was vir haar eksotiese figure, portrette, landskappe en stillewes.

Sy gebruik van helder en warm kleure in haar skilderye om haar liefde vir die lewe in haar kuns uit te beeld. Haar werke vertel die stories van doodgewone Afrika-mense en hulle stryd van beskawing. Die soektog na die “self”, gewoontes, vreugde en hartseer, twyfel, hoop en geloof word in dié flambojante kleure in haar werke vervat. Die studente en haar huidige werknemers noem haar Matsebo. Dit is Sotho is vir “Die moeder van kennis”

Amari se opvatting van die wêreld, het aansienlik verander. Sy het lief geraak vir die Afrika en al sy mense en ten spyte van die ellende tydens apartheid en die huidige armoede, beeld haar skilderye die mensdom in ʼn positiewe manier uit.

“Die mans wat kwansuis kaalbolyf buite werk in Vanderbijlpark, sê sy, is die laaste ding wat sy opgemerk het.

Amari Weber (75)

Amari Weber (75)

Amari Weber en oudpresident Neslon Mandela.

Amari Weber en oudpresident Nelson Mandela.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s